​Die perfekte moderne huis vir ‘n Suid-Afrikaanse gesin

Johannes van Graan Johannes van Graan
Mulberry, Coupdeville Coupdeville
Loading admin actions …

Die argitekte van Coupedeville is verantwoordelik vir ons nuutste homify 360° ontdekking, en alhoewel hierdie skepping in London is, kan dit net so perfek hier in sonnige Suid-Afrika werk, om rede dit al die elemente bevat wat die perfekte gesinshuis opmaak: spasie, slim uitlegte, hope styl, asook ‘n deftige (en groot) agtererf.

Kom ons kry bietjie moderne inspirasie…

Moderne styl

Lyk hierdie nie soos ‘n deftige huis wat mens sommer in ‘n luukse woonbuurt in Johannesburg, Pretoria, Durban of selfs die Kaap kan aantref nie? Kyk net hoe die moderne ontwerp verseker dat daar geen oormatige versierings is nie – elke oppervalk is stylvol en subtiel (minder is mos meer, soos hulle sê!).

Die agtererf

Dieselfde subtiele styl wat ons aan die voorkant aangetref het verskyn weer aan die agterkant, maar hierso wil ons veel eerder fokus op die ontspanningsfaktor: daardie lieflike stoep (met sy stylvolle meubels), asook die netjiese erf.

‘n Kombinasie van style

Die binnekant verras ons met ‘n eklektiese styl, waarvan die moderne ontwerp lieflik uitstaan. ‘n Mengsel van kleure, patrone en teksture verseker ‘n interessante versiering, maar dis darem nie té besig nie. 

Ons gunsteling element hierso? Daardie lieflike mat wat nie net so sag en verwelkomend lyk nie, maar ook netjies die hele sitkamer anker.

Kom ons bekyk nog ‘n paar foto’s van hierdie stylvolle skepping…

Nou vir ietsie plaasliks; bekyk bietjie Die Johannesburg huis met ‘n elegante leefstyl.

Hai bisogno di aiuto con il progetto della tua casa?
Contattaci!

Articoli più recenti