​17 skuifdeure wat jou huis heeltemal gaan verander

Johannes van Graan Johannes van Graan
ESTERO, Starg Starg Camera da letto moderna
Loading admin actions …

Of jy nou ‘n heerlike oopplan vertrek in jou huis het of in ‘n klein ou woonstelletjie bly, jy het tien teen een al ‘n skuifdeur in jou lewe raakgeloop. Jy kan selfs een in jou huidige huis hê, hetsy dit nou vir styl is of om spasie te bespaar.

Vandag beloer ons 17 voorbeelde van skuifdeure, in groot én klein leefspasies, wat ons herinner hoekom hierdie soort strukture soveel aandag wêreldwyd geniet…

1. Vir hierdie huis se Asiatiese styl was ‘n skuifdeur van hout die ideale keuse.

2. Skuifdeure van glas help om daardie visuele band tussen vertrekke te behou.

homify Porte scorrevoli

3. Ons is versot op hierdie Oosterse ontwerp wat ons aan die dae van antieke Japan en/of China herinner!

4. Vir ‘n tikkie privaatheid, stel ons hierdie matglas ontwerp voor.

5. En wat van hierdie ekstra deur wat toeskuif om sonlig buite te hou? Ideaal!

6. Hierdie skuifdeur wat saamsmelt met die houtmuur is pure perfeksie.

7. Hierdie glasdeur met sy getinte ontwerp is super modern!

homify Cucina eclettica

8. Sien jy hoe bespaar hierdie skuifdeur heerlike spasie tussen-in hierdie klein kombuis en eetkamer?

9. ‘n Swaaideur sou heeltemal te veel vloerspasie opgevreet het op hierdie stoepie.

10. Met die regte materiale en ontwerp, kan ‘n gewone ou skuifdeur super elegant lyk.

11. Skuifdeure vir kaste? Natuurlik!

12. Ons is mal oor hierdie klein stoep-hoekie met sy metaal/glasdeure en neutrale kleure.

13. Getinte glas kan ‘n visuele band tussen vertrekke verseker én bydra tot die kleurskema.

ESTERO, Starg Starg Camera da letto moderna Arredamento,Proprietà,Pianta,Comfort,Verde,Interior design,Pavimentazione,Decorazione,Pavimento,Casa

14. Andersins kan gewone glas wat heeltemal deursigtig lyk ewe treffend wees.

15. Jou skuifdeur hoef natuurlik nie uit te staan nie – met die regte ontwerp, kan dit lieflik wegsmelt in die agtergrond.

16. Aan die ander kant kan ‘n skuifdeur met ‘n helder kleur lekker aandag trek!

17. Wat dink jy van hierdie matglas-deur met vlekvrye staal afwerkings?

Kyk gerus na hierdie 7 gewoontes om jou huis skoon te hou.

Hai bisogno di aiuto con il progetto della tua casa?
Contattaci!

Articoli più recenti