​Die R6.8 miljoen partytjie-huis in Pretoria

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Case moderne Vetro
Loading admin actions …

Argitektoniese maatksappy Blunt Architects verdien die applous vir vandag se homify 360° ontdekking: a ruim ontwerp wat asems wegslaan van begin tot einde (of eerder van vloer tot dak). 

Met ‘n uitleg van nie minder nie as 493 m² en ‘n ongelooflike moderne styl met al die korrekte afwerkings, verdien hierdie skepping definitief die bynaam “partytjie-huis” – watse ander lokaal kan dan nou meer perfek wees vir ‘n kuier of onthaal? 

Kom ons beloer bietjie hierdie drie-verdieping droom van naby…

Te stylvol

homify Case moderne Cemento

Ons is mal oor die manier wat rou boumateriale saam met sierlike afwerkings saamkom om dié treffende skepping te versier. Die huis is in ‘n heuwel ingebou en bied ‘n ondergrondse parkeer area vir die inwoners – kyk net hoe lieflik vloei die plantegroei vanaf die kante, amper asof dit die huis wil bedek.

Die leefspasies aan die binnekant

homify Soggiorno moderno Cemento

Aan die binnekant begroet ‘n oopplan uitleg ons met ‘n sitkamer, eetkamer en kombuis, met al drie vertrekke wat lieflik oopmaak na buite danksy tamaai glasdeure. 

En kyk net hoe lekker kontrasteer die industriële styl met die moderne en klassieke meubels en dekor – definitief 10 uit 10 vir aandag trek!

‘n Uitmuntende uitsig

homify Camera da letto moderna Legno Effetto legno

Ons is nie seker van jou nie, maar hierso op homify verkies ons ons slaapkamers met uitsigte wat asems wegslaan – soos dié een wat so te sê oor die hele Pretoria uitkyk! 

Dis mos nou een manier om die sonsondergang te geniet.

‘n Paradys aan die agterkant

homify Balcone, Veranda & Terrazza in stile moderno Legno Effetto legno

En wat kry ons in die agtererf? Nóg ‘n uitleg en spasie wat perfek kan werk vir ‘n lekker kuier, veral wanneer dit kom by daardie buitenste eet area onder die son sambreel, sowel as die ruim houtdek en swembad. 

‘n Tuin wat eksie-perfeksie geplant en gesnoei is rond die erf af. 

Vir ‘n ander stylvolle sensasie, loer gerus na Die pragtigste huis in die Kaap.

Hai bisogno di aiuto con il progetto della tua casa?
Contattaci!

Articoli più recenti